Wednesday, 16 October 2013

All Dressed Up and Nowhere to Take a Selfie

Dalk vind jy dat jy jouself te veel vergelyk met ander mense. Miskien is jy vasgevang in iemand anders se Facebook Timeline, foto's van vakansies, partytjies, vriende en status updates oor verlore liefde, maar nuutgevonde wysheid. Miskien eindig jou horison binne die raam van 'n Instagram foto. Miskien bewys die Tweets dat niemand eintlik 'n veer vir jou voel nie. Niemand "like" wat jy doen, se, droom of hoop nie. Niemand "like" wat jy afneem nie. Niemand lewer kommentaar op jou persoonlike rugbywedstryd teen meer as 15 probleme wat jou daagliks tackle nie.

Moenie vrees nie. Daar is n app hier voor.


Whatsapp.

My raad is sluit aan by 'n Whatsapp groep en hou dit dop op 'n Saterdagaand wanneer jy alweer all dressed up and nowhere to take a selfie is, terwyl die res van die wereld die tyd van hille lewens deel en "like," terloops nooit "love" nie. Af en toe op 'n Saterdagaand sal hierdie mense, met hulle eindeloos utopiese lewens, 'n flou grappie, oppervlakkige gedig of 'n foto van 'n dier met menskleure deel op die groep deel, en jy sal iets agterkom.

Soms wens hulle ook die groep sou hulle raaksien. Soms is hulle ook alleen op 'n Saterdagaand, all dressed up and nowhere to take a selfie.

No comments:

Post a Comment