I recently wrote this on a mission back from PE after covering the Intervarsity tournament. The bus was silent, a window was open and the light on the road was rather eerie. Don't know why it came to me in Afrikaans though. Oh well.
Dit is koud
Kom kyk na my asem
Rookseine dat ek bestaan
Daar is iemand
In hierdie liggaam
Wat sal mense daarmee maak?
Daar is ligte wat dreun oor die hoofpad
Almal êrens om te gaan in die donker
Op soek na 'n rigting
Ten minste tot waar die strale val
Ek is moontlik uitgedoof
Maar ek is lankal nie meer blind nie
Hierdie voete sal iets vind
Al het ek min om op te staan
In 'n stad saamgestel uit fragmente
Word ek so klein soos 'n atoom
Met jou sintuie op my polse
Kan jy hoor hoe klink my bloed?
Lees my leidrade agter my krake
Buitelyne teen die skemeraand
Tussen bome, duiwe, figure
Voetganger, verbyganger
Tog iemand
Ek is moontlik uitgedoof
Maar ek is lankal nie meer blind nie
Hierdie voete sal iets vind
Al het ek min om op te staan
No comments:
Post a Comment